Volle Evangelie Kerk - Keimoes

 

 

 


                  Tuisblad


 


 

Ons Visie

Om dissipelmakers van mense te wees, om die Evangelie na alle nasies uit te dra. Hulle te doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en om hulle dan te leer. 

Missie

Om volgens Efesiërs 4:12-13 die gemeente toe te rus vir hulle dienswerk aan mekaar en ook aan die wêreld. Om die gemeente op te bou tot volwassenheid in Christus. Om doelgerig mense na Jesus toe te lei, tot uitbreiding van die liggaam van Christus.                                                     

Ons Doelstellings

Ø      Om 'n mentor vir nuwe bekeerlinge te wees, sodat hulle kan groei in kennis en verstaan van God en Sy Woord. Om te groei in hulle verhouding met die Vader, deur online casinos Jesus Christus in die krag van die Heilige Gees.

Ø      Om vir die gemeente geleenthede te skep om God te aanbid, mekaar te bedien en uit te reik na ons naaste.

Ø      Om die gemeente toe te rus, sodat hulle die Groot opdrag  kan nakom en die Evangelie van vrede gaan deel met die wêreld, sodat die wêreld, Christus as Verlosser en Meester kan leer  ken.

Versoeke

Enige versoek of behoefte kan u hier vir ons invul en ons sal diensooreenkomstig u bedien. Hetsy deur gebed, huisbesoek of om u net met raad en inligting te bedien.

Handige Hulpmiddels

Waar staan dit

Die wonderwerke van Jesus

Bybel Woordelys